SportSport

Volkies se Kemp lei Noordwes na oorwinning in o.19 Khaya Majola Week

Hierdie hotklou openingskolwer het ‘n fantastiese beurt gespeel wat 7 viere ingesluit het en het saam met sy mede openingskolwer, Bathabile Masigo (44) ‘n goeie 97 lopie vennootskap aanmekaar gesit.

Noordwes se o.19 span het hulle Khaya Majolaweek gister, 18 Desember, op die J.B. Marks Oval met ‘n knap 4 paaltjie oorwinning teen die Oostelike Provinsie begin.

Dit was die beste resultaat waarvoor Noordwes en hulle kaptein, Volkies se Corné Prinsloo, voor kon vra. Dit sal beslis die selfvertroue ‘n ekstra hupstoot gee vir die komende wedstryde teen Gauteng en Boland in die week.

Bathabile Masigo in aksie vir Noordwes. Foto: Mario van de Wall.

NW het OP se telling van 248/8 in 50 boulbeurte in die 47ste boulbeurt oorgesteek met die telling op 252/6. Dit was danksy ‘n skitterende 80 van mede-Volkie, Waldo Kemp, wat die grondslag vir die oorwinning gelê het.

Waldo Kemp lig sy kolf na hy sy vyftigtal teen OP behaal het op die J.B. Marks Oval.

Hierdie hotklou openingskolwer het ‘n fantastiese beurt gespeel wat 7 viere ingesluit het en het saam met sy mede openingskolwer, Bathabile Masigo (44) ‘n goeie 97 lopie vennootskap aanmekaar gesit. Kemp is beslis een van NW se groot troefkaarte en het weer sy kwaliteit en mentaliteit in lopiejaagtogte bewys.

Waldo Kemp hou sy oog op die bal in sy beurt van 80. Foto: Mario van de Wall.
Waldo Kemp ontvang sy speler van die wedstryd toekenning.

Kemp en Prinsloo het ook vir die tweede paaltjie die druk op OP geplaas met ‘n 69 lopie vennootskap. Kemp en Prinsloo (35) het kort na mekaar hulle paaltjies verloor en ‘n klein middelkolforde ineenstorting het toe weer vir OP hoop gegee met die telling op 194/6.

Foto: Mario van de Wall.

Hoërskool Rustenburg se Hanro Swanepoel (31 van 18 balle) en Rico Fryer (30 van 19) het toe koppe en kolwe bymekaar gesit en  met ‘n doelgerigte en aggressiewe 58 lopie vennootskap seker gemaak dat NW die teiken haal. Vroeër het NW se boulers ook goed gevaar om OP te beperk. Prinsloo (2/29) in 10 boulbeurte het vroeg ‘n been voor paaltjie beslissing in sy guns gekry om sy toernooi op ‘n goeie noot te begin. OP het van 14/1 na 86/2 gevorder danksy ‘n 56 (78) van Cormey van der Watt. OP paaltjiewagter, Casey Keevy slaan ook ‘n goeie 50 (44).

Corné Prinsloo, kaptein van Noordwes in aksie met die bal. Foto: Mario van de Wall.
Dag 2 se bepalings

NW se naatbouler, MJ Mostert het ook met 1/24 in 7 boulbeurte uitgeblink en kon meer paaltjies geneem het as die geluk aan sy kant was. Aan OP se kant was Olwakhe Goqoza met 3/40 in 10 boulbeurte skitterend. Noordwes speel vandag teen Gauteng in hulle tweede wedstryd van die 2021 Khaya Majola Week. Hulle sal moet ligloop vir hierdie span se kolwers veral nadat Ronan Hermann teen Boland gister ‘n fantastiese 152* gemoker het in sy span se 147 lopie oorwinning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button