SportSport

Volkies se o.15 krieketspan verniel Grey Kollege met 315 lopies

Volkies teken 347/5 aan en boul Grey Kollege vir slegs 32 uit.

Hoër Volkskool Potchefstroom se o.15A krieketspan het bewys dat hulle kookwater krieket speel met ‘n 315 lopie oorwinning teen Grey Kollege se o.15’s by die HJS Krieketfees in Paarl op Saterdag, 8 Januarie.

Volkies het ‘n behoorlike pak slae vir Grey uitgedeel in ‘n oorwinning wat hierdie Potchefstromers nog lank sal onthou.

Volkies se o.15A krieketspan speel briljante krieket in die Paarl. Foto: Verskaf.

Volkies het eerste gekolf en 347/5 na 50 boulbeurte aangeteken. Louis van Wyk se 103 (125) en Theunis Nel se 86 van 56 balle bou die fondasie vir hulle kolfbeurt.

Ruan Smit dra ook ‘n goeie 58 (76) by.

Louis van Wyk speel ‘n kaphou tydens sy voortreflike beurt van 103 (125) teen Grey Kollege. Foto: Verskaf.
Louis van Wyk lig sy kolf tydens ‘n puik beurt vir Volkies se o.15A-span. Foto: Verskaf.

Toe Grey Kollege die kolf optel toe lyk dit of die kolfblad aansienlik verander het, met die Bloemfonteiners wat vir slegs 32 almal uit in 15.2 boulbeurte uitgeboul is.

Zander Kok se 3/8 in 4 boulbeurte, Themba Sontjane se 2/9 in 4 boulbeurte en Schalk Pienaar se 24 in 3 boulbeurte lei Volkies na ‘n indrukwekkende oorwinning en bewys dat hierdie span beslis een is om dop te hou vanjaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button