SportSport

Grootskole Interhoër gaan kook hierdie Saterdag

Al agt deelnemende skole (Potchefstroom Gimnasium, Hoër Volkskool Potchefstroom, Potchefstroom Girls High, Potchefstroom Boys High, Hoërskool Lichtenburg, Hoërskool Rustenburg, Hoërskool Klerksdorp en Hoërskool Wesvalia) is gretig om weer op ‘n groot byeenkoms hulle staal te wys.

Die Noordwes Grootskole Interhoër gaan Saterdag, 12 Februarie by die NWU McArthur- stadion vir die eerste keer in twee jaar vir vuurwarm atletiekaksie sorg.

Al agt deelnemende skole (Potchefstroom Gimnasium, Hoër Volkskool Potchefstroom, Potchefstroom Girls High, Potchefstroom Boys High, Hoërskool Lichtenburg, Hoërskool Rustenburg, Hoërskool Klerksdorp en Hoërskool Wesvalia) is gretig om weer op ‘n groot byeenkoms hulle staal te wys, veral nadat die Covid-19 pandemie die byeenkoms in 2021 stopgesit het.

Vanjaar kan toeskouers, beperk tot 2 000 kapasiteit, ook die atlete in verskeie baan- en velditems dophou, wat vir atmosfeer sal sorg. Weens die kapasiteitbeperkinge en Covid-19 regulasies, sal daar nie sangspanne op die pawiljoene wees nie, wat ietwat van ‘n demper op die normale Interhoër-tradisie sal plaas.

Steeds sal die atlete die kans wil benut om hulself teen die beste in die provinsie te toets en as die kampioen gekroon te word.

Hier is die program:

Die huidige kampioene, Potchefstroom Gimnasium, is weer voor in die koor om die titel te behou met ‘n paar top vertonings op die baan en veld hierdie seisoen. Armand Willemse (spiesgooi), Riandi Boshoff (diskus), Jamoré Olivier (gewigstoot), Lee-Anne Grobbelaar (spiesgooi) en Righardt Joubert (100m) is maar ‘n paar van die Gimmies wat puik presteer het by die afgelope Gimmies Prestigebyeenkoms verlede naweek en op hulle goeie vorm wil voortbou komende Saterdag.

Volkies se atlete wat aanspraak kan maak is Reagan April (verspring en 100m) sowel as Henre Nell (gewigstoot en diskus), Lea Verster en Stephanie van der Merwe. Die atletiekaksie begin reeds om 08:00 met die laaste item (4x100m aflos) wat om 17:00 sal plaasvind.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button