Potchefstroom Dorp Rugbyklub het ‘n besonderse goeie eerste rondte in die Phillip van Rensburg-uitdaagreeks gehad. Die eerste span het Saterdag (19 Februarie) met 44-17 behoorlik met Westonaria gemors. Dit was die tipe vertoning wat Dorp nodig gehad het om hulle spiere teen die ander groot klubs in die beker te bult. Volgens Joe Smith, hoofafrigter van Dorp, voel hulle baie goed oor die wen. “Daar is nog baie om aan te werk maar ons dink on is op ‘n goeie plek. Al die ouens koop in, in ons visie vir die jaar,” het hy gesê. In die ander wedstryde het Klerksdorp Rugbyklub ‘n goeie vertoning teen verlede jaar se Neserliga naaswenners, Ikageng gehad. Die Klerksdorpers het uiteindelik die wedstryd met 43-27 gewen. Die ander wedstryde was baie nader ontmoetings gewees. Stilfontein Hurricanes verloor met twee punte teen Impala van Rustenburg, en Wolverines sluip verby Matlosana met ‘n telling van 22-17. Hierdie naweek (26 Februarie) gaan Dorp teen Klerksdorp in die beker-halfeindrondte dinge uitspook terwyl Wolverines en Impala mekaar die stryd aansê.
“Westonaria was ‘n harde wedstryd gewees, en hulle het ons baie getoets. Maar ons het by ons beplanning gehou. Ons sien uit na die wedstryd teen Klerksdorp. Ons weet wat vir ons wag en wat van ons verwag word,” het Smith gesê.
Hurricanes sal teen Matlosana speel en Ikageng teen Westonairai in die plaat-halfeindrondte
Al die wedstryde van die Phillip van Rensburg uitdaagreeks word op Olënpark gespeel. Die uitdaagreeks word in ‘n uitklopformaat beslis.




