Potchefstroom Gimnasium se atlete het hulle afgelope puik vorm op nasionale vlak voortgesit toe hulle ‘n 7de plek by die Twizza Super Skole atletiekbyeenkoms op Saterdag, 19 Februarie by die Ruimsig Stadion in Roodepoort, behaal het.
Menlopark (wenners), Prestige College, Helpmekaar, Noordheuwel, Zwartkop en Paarl Gimnasium het die eerste ses posisies beklee.
Gimmies het ses medaljes tydens die byeenkoms verwerf. Gimmies se jong gewigstootster, Jamoré Oliver het met ‘n gooi van 14.18 in die dogters o.15 gewigstoot meter een van die beste vertonings op die dag gelewer om goud te behaal. Lee-Ann Grobbelaar het ook met die goue medaljes weggestap in die dogters o.19 spiesgooi.
Die volgende leerders was medaljewenners:
Rico Leijenaar: brons, 1500m
Righardt Joubert: brons, 100m hekkies
Sihle Mahlangu: silwer, hoogspring
Jamoré Olivier: goud, gewigstoot
Stephané Hook: brons, spiesgooi
Lee-Ann Grobbelaar: goud, spiesgooi




