
Potchefstroom Gimnasium se flink swemspan was weer op hulle stukke met ‘n algehele oorwinning tydens die Noordwes Swem Interhoër wat Maandag, 28 Februarie by Hoërskool Rustenburg aangebied is.
Vir die tweede jaar in ‘n ry het Gimmies die trofee verower met uitblinkers soos Chazél Orton (senior victrix ludorum) en Joël Kriek wat altesaam sewe goue medaljes ingesamel het.

Altesaam het Gimmies 26 goue, sewe silwer en agt bronsmedaljes tydens die byeenkoms verower. 
Hier is die amptelike lys van swemmers en hulle medaljes:
Dogters:
• Alexia Delicado – 2 goud
• Dorette du Plessis – 1 goud, 1 brons
• Sumé du Preez – 2 goud
• Miqaé Esterhuizen – 1 silwer
• Madelé Harding – 1 silwer
• Mathilda Liebenberg – 2 goud,1 brons
• Deidré Olivier – 1 silwer, 1 brons
• Chazél Orton – 4 goud
• Ilze Nolte – 1 silwer
• Anika Rossouw – 1 goud, 1 silwer
• Tumé van Niekerk – 2 goud
Seuns:
• Michael Barnardo – 1 goud, 1 brons
• John-Thomas Botha -1 goud, 1 brons
• Jack Cameron – 2 goud
• Schalk de Vos – 1 silwer
• Jahnru Janse van Rensburg – 1 silwer
• Joël Kriek – 3 goud
• Francois Rousseau – 1 silwer
• Tiaan Rossouw – 3 goud
• Carel Schutte – 2 brons
• Estian Terblanche – 1 brons
• Janco Uys – 2 goud




