Twee van Potchefstroom Gimnasium se top langasems, Tihard Strydom en Rico Leijenaar het hulle vernuf tydens die Noordwes Tweekampkampioenskappe hierdie maand bewys.
Albei verkry eerste plekke in hulle ouderdomskategorieë in hierdie kampioenskappe waar atlete aan fietsry en hardloop deelneem.


Tihard wen die super sprint o.15 wedloop en die Rico die o.17 sprint een. Tihard en Rico is ook gekies om Noordwes later die jaar by die SA-kampioenskappe in Gqeberha te verteenwoordig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



