SportSport

Luiperds laat wen deur vingers glip

Die Luiperds het Saterdag (14 Mei) teen die Oostelike Provinsie (OP) 'n belangrike sege deur hulle vingers laat glip. 

Die Luiperds het Saterdag (14 Mei) teen die Oostelike Provinsie (OP) ‘n belangrike sege deur hulle vingers laat glip.

Die Luiperds het op tuis bodem teen ‘n sterk en gemotiveerde OP te staan gekom. Beide spanne het geweier om geklop te word. Met ‘n wipwa van punte wat aangeteken is. Teen halftyd was die telling 20 – 17.

Die Luiperds het goeie hardlooprugby gespeel, maar so ook die OP. Die OP het ook hulle man gestaan teen die Luiperds in die vaste fasette wat tradisioneel die Luiperds se sterkpunt is.

Die Luiperds was vasberade om die sege te beklink en het ‘n reeks drieë in die tweede helfte gedruk. Riaan Genis, Pienaar van Niekerk en Chris Vermaak het goed gekombineer in die 60ste minuut om een va ndie drieë te gaan druk. Maar ‘n begeesterde OP span het kort daarna ook weer gaan druk. Die Luiperds het besonderse balhantering en besluitneming op tye gewys. Eugen Hare het in die 64ste minuut ‘n vinnige strafskop gevat wat die Op onverwags gevang het waarna hy ook gaan druk het. Met die telling 34 – 31 het die Luiperds genoeg tyd gehad om die wen te kry.

In die 78ste minuut verloor hulle ‘n lynstaan naby aan die OP se doellyn en die OP kan uit hulle 22 kom. Die Luiperds het tot teen die einde aanhou veg, maar uiteindelik wen die OP die wedstryd 34 – 31.

Volgens André Pretorius, hoofafrigter van die Luiperds, het hy baie goeie dinge in die wedstryd gesien.

“Ons moes die wedstryd afgerond het in die laaste 10 minute, maar individuele foute het ons gekos. Daar is baie meer goeie goed as sleg, maar die resultaat is net nie ons s’n nie,” het hy na die wedstryd gesê.

Die Luiperds se volgende wedstryd is Saterdag (21 Mei) teen die Griffons.

Vir nog plaaslike rugbynuus, besoek

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button