SportSport

Volkies begin Noordvaal kompetisie op hoë noot

Volkies se eersterugbyspan het Saterdag (14 Mei) in die Noordvaal kompetisie 'n groot telling teen Dr. Malan van Meyerton opgesit. 

Volkies se eersterugbyspan het Saterdag (14 Mei) in die Noordvaal kompetisie ‘n groot telling teen Dr. Malan van Meyerton opgesit.

Die eindtelling was 55 – 13. Vir ‘n beter begin in dié kompetisie kon hoofafrigter, Mighael de Beer nie gevra het nie. Die halftydtelling was 21 – 3.

“Dr. Malan het in die tweede helfte mooi terug gekom. Hulle het twee drieë gaa ndruk maar ons het vinnig weer beheer van die wedstryd gevat,” het de Beer gesê.

Volgens hom het die Volkies manne baie goeie rugby gespeel en hy is baie tevrede met waar hulle is as ‘n span.

Die kookwater, losskakel van Volkies Dean Snyder het slegs een skop gemis op die dag.

“Piet Moos, was ons speler van die wedstryd. Ons ses en agt het ook besonderse goeie wedstryde gehad,” he de Beer bygevoeg.

Volkies se volgende wedstryd sal komende naweek (21 Mei) op tuis bodem teen Secunda wees.

Die ander rufbyspanne het ook goed gevaar.

o/14A wen 38 -7

o/14B wen 38 – 0

o/15A wen 34 – 7

o/15B wen 14 – 0

o/16A verloor 16 – 7

o/16B wen 22- 0

Tweedes verloor 14- 8

Eerstes wen 55-13

 

Vir meer Rugbynuus besoek:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button