SportSport

Naelskraap wen vir Volkies in Noordvaal-toernooi

"Hulle was groot, fisies en mens kon sien hulle is baie goed afgerig,"

Volkies se eersterugbyspan het Saterdag (21 Mei) met een punt oor Secunda in die Noordvaal-toernooi geseëvier.

Volkies moes goeie veggees wys om hierdie wip-wa wedstryd deur te trek. Die eindtelling was 23 – 22.

Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies, was dit seker dié span se moeilikste wedstryd nog.

“Hulle was groot, fisies en mens kon sien hulle is baie goed afgerig,” het de Beer gesê.

Volgens hom is hy tevrede met hoe die span vaar, maar las by dat daar vir hierdie week baie harde werk gaan ingaan om die spelers reg te kry vir die Gimmie-Volkie wedstryd wat op 28 Mei by Volkies gaan plaasvind.

Die resultate van die ander rugbywedstryde is soos volg:

o/14A Volkies verloor 17 – 12

o/14B Volkies verloor 19- 10

o/15A Volkies wen 12 -5

o/15B Volkies verloor 7- 0

o/16A Volkies verloor 38 – 0

o/16B Volkies wen 20 – 0

Derdes Volkies wen 13 – 5

Tweedes Volkies wen 25 – 20

Eerstes Volkies wen 23 – 22

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button