SportSport

Twee in ‘n ry vir Gimmies in Leeus-liga

Gimmies het nou twee uit twee in die Leeus-liga gewen.

Gimmies se eersterugbyspan het die afgelope naweek (21 Mei) nog ‘n wen in die Leeus-liga behaal.

Gimmies het teen Dinamika van Alberton gespeel. Die eindtelling was 38 – 33.

Volgens Garan Kriek, hoofafrigter van Gimmies, is hy bly oor die wen.

“Ons het ‘n paar sagte drieë afgestaan, maar die ouens het weer tot die einde toe baklei,” het Kriek gesê.

Gimmies het nou twee uit twee in die Leeus-liga gewen. Dit sal vir hulle selfvertroue vir Saterdag se Gimmie-Volkie wedstryd ‘n hupstoot gee.

“Dinamika was baie fisies, hulle het hard geduik. Dit was goed dat die spelers daaraan blootgestel was,” het Kriek gesê.

Die komende naweek (28 Mei) speel Gimmies teen Volkies in die jaarlikse ‘Classic Clash’

Die ander rugbyuitslae lyk soos volg:

o/14A 19-19

o/14B Gimmies wen 43 – 5

o/15A Gimmies wen 12 – 10

o/16A Gimmies wen 51 – 9

Tweedes Gimmies  wen 17- 5

Eerstes Gimmies wen 38 – 33

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button