Tien Noordwes Universiteit (NWU) atlete gaan soos arende wil sweef by die komende CAA Afrika Ateltiekkampioenskappe wat vanaf 8-12 Junie in Mauritius gaan plaasvind.
Hierdie atlete gaan Suid-Afrika met trots wil verteenwoordig op die eiland. Hierdie atlete sluit in die spoedvraat, Tamzin Thomas, die verspringers, Karmen Fouché en Joné Kruger (albei oud-Potch Gimmies) sowel as die uitstekende stapper, Marissa Swanepoel, in.

Daar is ook ‘n baie sterk veld-item groep van die NWU wat hulle land gaan verteenoordig. Riëtte Heyns (diskus), Alan Cumming (hamergooi), Marga Cumming (hamergooi), Valco van Wyk (paalspring), Johann Grobler (spiesgooi) en Jo-Ané van Dyk (spiesgooi) gaan medaljes om hulle nekke wil terugkom huistoe.
NWU Atlete:
- Tamzin Thomas : 200m/4x100m
- Marissa Swanepoel : 20km stap
- Joné Kruger : Verspring
- Karmen Fouché : Verspring
- Riette Heyns : Diskus
- Marga Cumming : Hamergooi
- Jo-Ané van Dyk : Spiesgooi
- Valco van Wyk : Paalspring
- Alan Cumming : Hamergooi
- Johann Grobler : Spiesgooi



