
“Rugby is soos die lewe, jy gaan euforie en ook teleurstelling voel. Jy moet verhoudings bou met mense deur jou lewe. Ons probeer nie net Rugby afrig nie, maar die ouens reg kry vir die lewe na hulle studeer het,”
So vertel Burger van der Westhuizen (56) hoofafrigter van die NWU se eersterugbyspan oor die filosofie wat hom as rugbyafrigter dryf.
Baie afrigters sê dit, amper om ‘n boksie af te merk, omdat dit is van wat hulle verwag word. Burger is nie een va ndaai afrigters nie.
Dit is koud en winderig met ons ontmoeting by ‘n koffiewinkel in die dorp. Die onderhoud is al verskeie kere uitgestel. Vinnig kom mens agter hoekom. Burger is nie een vir die kollig op homself nie.
“Ek het hierdie gesprek met alles vermy,” lag hy.
Die gebore en getoë Potchefstromer sal uit die staan spoor vertel dat sy span, se ongeveer 23 wedtryde onoorwonne is te danke aan die groep afrigters waardeur hy omring is.
“My ‘claim to fame’ is dat ek een wedstryd vir die Wes-Transvaal van die bank af gespeel het. Jacques Botes en Leon Boshoff (Bossie), het groot rugby gespeel en groot spanne afgerig. Dit maak jou werk as hoofafrigter baie makliker as jy sulke kundige mense om jou het,” vertel hy.
Hy is heeltemal te beskeie, dit is duidelik dat die beste afrigters nie net die fyner besonderhed eva ndie spel verstaan nie, maar ook ‘n sterk band met elkeen van sy spelers het.
Burger het in 1988 begin rugby afrig, hoe minder die koffie raak hoe meer raak die staaltjies van wat hy al deur die jare gesien het. Meeste van die spelers onthou hy. Baie van hulle is hy steeds mee in kontak.
“Ek het jare terug by ‘n 0/9 span uitgehelp. Soos die spel aangaan lyk iets nie vir my reg nie. Dit voel of die ander span meer spelers op die veld het. Ek begin toe tel, eers die voorspelers en toe die agterlyn. Ons het een minder agterlyn speler gehad. Ek kyk rond en soek ons heelagter, toe ek weer sien staan hy met sy hande in sy sakke agter die halflyn besig om ‘n pastei te eet,” lag hy.
“Dit is waarmee afrigters van klein kinders mee te doe nkry,” skerts hy weer.
Die staaltjies hou aan kom, die trane lê vlak as hy vertel van Jacques Botes, wie hy by Gimmies in die laat negentigs afgerig het.
“Ons het nadat hy klaar was met skool steeds kontak gehad. Hy was deel van die Sharks span wat die Curriebeker gewen het. Kort na die eindstryd het hy my gebel, om te vra of ek in Potch is. Ek was nie op daai stadium nie, maar hy het gesê dat hy vir my iets in Potch los. Tot my verbasing was dit sy Sharkstrui wat hy in die eindstryd gedra het. Al die spelers het dit geteken,” vertel hy dié emosionele storie.
“Ek is maar ‘n emosionele ou maar sulke goed is vir my baie spesiaal,” lag hy.
Burger het nooit as jong onderwyser, eers by Randburg Hoër, later by Gimmies en die Tegniese Kollege (Vuselela) gedink dat rugby sy loopbaan gaan word nie. Alhoewel hy van 1994, as deeltydse afrigter by die NWU betrokke was.
“Dit was nie die groot droom nie. Ek het van 2005 – 2011 niks afgerig nie. My kinders was in daai tyd gebore en ek moes hulle help grootmaak,” lag hy wanneer hy aan dié tydstip dink.
In 2011 het dié oud-Gimmie en Baillieparker, weer by Patria manskoshuis begin afrig, kort daarna is hy deur Leon Boshoff ‘n kans gegee om by die Luiperds te help.
“Bossie het ‘n groot rol gespeel in my loopbaan. Hy is ‘n baie spesiale mens vir my, hy het my ‘n kans gegee waarvoor ek baie dankbaar is,” sê hy.
Burger is nou ‘n voltydse rugbyafrigter, wie se NWU span onlangs weer die Pirates-liga gewen het. Hy is ‘n afrigter wat nie net die waarde van verhoudings verstaan nie, maar waarde tot sy verhoudings met mense toevoeg.
Vir meer Plaaslike Rugbynuus besoek:
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/