SportSport

Rugbystryd gaan Classic Clash op hoogtepunt afsluit

'n Wen gaan hierdie Saterdag oor meer as net spogreg - dit is 'n geleentheid vir belangrike punte in die Virseker Noordvaal Cup.

Is daar ‘n groter en belangriker 70-minute van rugby in Potchefstroom as die Classic Clash?

Wanneer Volkies en Gimmies se eerste rugbyspanne mekaar die stryd aansê om 14:00 hierdie komende Saterdag, 23 Mei, op Volkies se A-veld is dit weer bloed, sweet en trane om vas te stel wie die kroon gaan dra.

Buiten spogregte word daar ook vir Virseker Noordvaalbeker-punte gespeel in hierdie Classic Clash.

Dit is sodoende kritiek dat albei spanne alles insit om momentum te bou vir die res van die seisoen, aangesien albei spanne vir twee naweke in ‘n ry die wrang nederlaag-smaak moes proe.

Volgens Mighael de Beer, Volkies se hoofafrigter, is dit baie spesiaal om die Classic Clash as gasheerskool te kan aanbied en op hul tuisveld te kan speel.

Volkies se buitesenter, Lethabo Riet, gaan een wees om dop te hou

“Ons wil ons mense van die Suiddorp trots maak. Dit is ‘n groot voorreg en ons is dankbaar vir die geleentheid. Ons spelers gaan hul alles gee,” noem hy.

“Die Classic Clash is ‘n tradisie wat spesiaal is. Dit is goed vir die dorp dat dit in ‘n goeie gees plaasvind,” voer hy verder.

Gimmies se hoofafrigter, JR Jackson, beaam ook dat Saterdag se stryd ‘n hoogtepunt vir die dorp sal wees.

“Alumni van albei skole kom van wyd en syd in net om hierdie naweek by te woon. Ons is deel van iets spesiaal en daar gaan baie emosies by albei spanne wees. Die span wat hul emosies onder beheer hou en die klein dinge op die veld regkry, staan ‘n goeie kans om te wen,” noem Jackson.

Josh Pretorius gaan van heelagter vir Gimmies wil skade maak.

Hy noem ook dat elke Gimmie rugbyspeler weet wat dit beteken om die trui te dra.

“Die doelwit is om die trui beter te los vir die generasies vorentoe. Ons wil ons skool en gemeenskap trots maak op ons. Ons gaan alles op die veld gee,” meen Jackson.

Potch Volkskool se rugbydirekteur, Nicol Degenaar, noem dat hy opgewonde is om Gimmies by hul skool te sien vir ‘n kompeterende kragmeting.

“Ek is regtig opgewonde vir een van die hoogtepunte op die Potchefstroom sport kalender. ‘n Bonus is natuurlik die ou manne wat ook gaan kragte meet voor die eerstespanne. Ek glo dit gaan net bydrae tot wat die Clash so spesiaal maak.”

Volgens Potchefstroom Gimnasium se rugbydirekteur, Regardt Kleingeld, gaan karakter net so hard soos talent getoets word.

“Ons verneem dat ons beslis nie as die gunsteling beskou word om aan die einde van die stryd met die oorwinning weg te stap nie, maar juis daarin lê ons motivering en sien ons van harte uit daarna om ons kragte teen Volkies te meet.”

Beide skole het in hierdie tyd hard gewerk en gedissiplineerd voorberei om Saterdag, elke oomblik op die veld met oortuiging aan te pak,” noem hy.

“Ons dorp behoort ná die eindfluitjie steeds as een gemeenskap saam te kom, verenig deur sport, respek en gedeelde trots op ál ons uitnemende kinders,” voer hy verder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button