SportSport

Volkies se Prinsloo en Schuld ryg lopies in by Mozzieweek

In Volkies se eerste wedstryd teen Jeppe Boys High slaan Prinsloo ‘n briljante onoorwonne 121* (107) en Schuld ‘n uitstekende 100* (107)

Luister die artikel hier:

 

 

 

Lopies het behoorlik vanuit die kolwe van Hoër Volkskool Potchefstroom se twee eerste krieketspan staatmakers, Corné Prinsloo en Ludwich Schuld tydens die 2022 Mozzieweek in Nelspruit gevloei.

Tydens hierdie krieketweek, wat vanaf 13-17 Julie aangebied was, het Volkies se eerste span drie uit hulle vier wedstryde gewen. Kaptein Corné Prinsloo het twee hondertalle en ‘n vyftigtal aangeteken. Schuld teken ook ‘n fantastiese hondertal en twee beurte van 66 aan.

In Volkies se eerste wedstryd teen Jeppe Boys High slaan Prinsloo ‘n briljante onoorwonne 121* (107) en Schuld ‘n uitstekende 100* (107) om die wedstryd met 8 paaltjies vir Volkies te beklink.

Jeppe kon net 228 lopies in 54 beurte aanteken, voordat Volkies in slegs 42 beurte die teiken behaal.

Die volgende wedstryd teen Hoërskool Menlopark loop presies in die teenoorgestelde rigting vir Volkies met ‘n 10 paaltjie nederlaag. Volkies maak ‘n skrale 187 lopies in 50 beurte met Schuld wat ‘n bestendige 66 (89) aanteken.

Volkies se boulers maak geen hond haaraf nie en Menlo bereik die teiken sonder om ‘n enkele paaltjie te verloor.

In die derde wedstryd wys Volkies dat hulle veggees het en klop Bishops College met 8 paaltjies. Hier was Prinsloo met ‘n onoorwonne 108* (98) en Schuld met ‘n blitsige 66 (50) weer aan die stuur van sake in hulle skool se lopiejaagtog.

Prinsloo behaal ook syfers van 4/45 met die bal in sy hand om ‘n veelsydige vertoning af te rond.

Volkies se laaste wedstryd van die week is ‘n opwindende T20-stryd teen Midstream College. Volkies boul eerste met John van Wyk (4/20) en Corné Nel (2/11) wat skitter in hulle vier boulbeurte. Volkies bereik die teiken danksy nog ‘n puik 51* (41) van hulle kaptein.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button