Juniors maak naam by NW Rolbal se Meesters Kampioenskappe
Die Noordwes Rolbal Assosiasie het die afgelope twee naweke hul jaarlikse prestige Meesters Kampioenskappe aangebied wat die hoogtepunt van die rolbaljaar is. Hierdie platvorm sluit slegs die top geplaasde spelers van die provinsie in en word onderskeidelik in die kategorieë van Juniors, Ope en Veterane gespeel. ‘n Groot pluimpie gaan aan die Assosiasie vir hul …
Die Noordwes Rolbal Assosiasie het die afgelope twee naweke hul jaarlikse prestige Meesters Kampioenskappe aangebied wat die hoogtepunt van die rolbaljaar is. Hierdie platvorm sluit slegs die top geplaasde spelers van die provinsie in en word onderskeidelik in die kategorieë van Juniors, Ope en Veterane gespeel.
‘n Groot pluimpie gaan aan die Assosiasie vir hul volgehoue ondersteuning van junior ontwikkeling in die sport, deurdat hul hierdie jaar vir die eerste maal aan jongelinge soos Thinus van Zyl (19 jaar) en Lezandri Hildebrand (16 jaar) geleentheid gebied het om ook in die Ope afdeling te kompeteer.
Dit is inderdaad vir elke speler wat gekies word ‘n eer om op hierdie vlak te kan deelneem. Die kompetisie was straf en nie ongekend in die rolbal mileu nie, was daar ook ‘n hele paar verrassings wat na vore gekom het. So het die twee juniors ook nie teruggestaan vir hul meer volwasse en ervare opponente nie en verwerf elk ‘n silwermedalje in die Ope afdeling.
Die onderskeie afdelings se uitslae was as volg:
Mans Veterane Meesters:
Goud – Faan Stofberg (Parys)
Silwer – Géne Hill (Zeerust)
Brons – Deon Vermeulen (Parys) & Raymond Loubser (Parys)
Dames Veterane Meesters:
Goud – Amanda Bester (Parys)
Silwer – Magdel O’ Donoghue (Parys)
Brons – Jillian Booth (KBC) & Rhonda Kalis (Potch Dorp)
Mans Ope Meesters:
Goud – Morné Kretschmer (KBC)
Silwer – Thinus van Zyl (PCC)
Brons – Jaco Nel (Parys) & Theuns Botha (PCC)
Dames Ope Meesters:
Goud – Sega Mokoto (Potchefstroom Dorp)
Silwer – Lezandri Hildebrand (PCC)
Brons – René de Jager (KBC) & Dalene Peens (KBC)
Mans Junior Meesters:
Goud – Thinus van Zyk (PCC)
Silwer – Janlu Myburg (PCC)
Brons – Johann Delport (PCC)
Dames Junior Meesters:
Goud – Lezandri Hildebrand (PCC)
Silwer – Marné Prinsloo (Parys)
Brons – Lourien Leeuwner (PCC)




