
Die stryd vir die boonste plek in die NWU se top koshuisrugby liga, gaan Vrydagaand tussen Overs en Caput woed.
Overs is na Vrydagaand (12 Augustus) se wedstryde met 21 punte in die eerste plek, terwyl Caput 20 punte het. OVers het Vrydagaand daarin geslaag om Veritas met 36 – 30 te oorwin. Caput het op sy beurt gelykop teen die NWU o/19A span gespeel.
Volgens Gerald Sutton, afrigter van Overs, was dit ‘n goeie wedstryd tussen Overs en Veritas gewees.
“Mooi rugby op tye gespeel, elke span met sy verskillende sterkpunte. Ons is bly vir die wen maar het met paar beserings weg gestap wat nie goed is nie,” het Sutton gesê.
Sutton en Funani Mabala het in 2019, Caput tot ‘n bekersege gebrei, na amper drie jaar keer hulle terug maar aan die stuur van sake by Overs.
“Ons het nogsteeds en sal altyd ‘n liefde en ‘n sagte plek hê vir Caput, so hierdie is ‘n lekker unieke situasie,” het Sutton gesê.
“In die vorige wedstryd teen die o/19s is ons in die drukkoker geplaas, maar dit het ons karakter getoets. Dit het taai gegaan maar ons het baie goeie karakter gewys. Nou is dit ‘n nuwe week met nuwe uitdagings, dit raak nie makliker nie,” het Stewart gesê.
Patria het Vrydagaand vir De Wilgers 12 – 5 geklop. Volgens Lourens Janse van Resnburg, hoofafrigter van De Wilgers, het Patria hulle kanse in die wedstryd beter gebruik.
“Dit was die verskil, ons het nie ons kanse gebruik nie,” het hy gesê.
Villagers en Heimat het in die aand se groot dorpskoshuis ‘derby’ 15, elk gelykop gespeel.
“Dit was ‘n groot wedstryd, ons was halftyd 15- 0 agter, “het Gerhard Ackerman, hoofafrigter van Villagers gesê.
“Dit is maar ‘n groot frustrasie as jy so voorloop halftyd en jy speel gelykop. Ons werk daaraan, ons gaan hierdie week oefen en fokus daarop om ons beste te gee,” het Ivan van derSandt, hoofafrigter van Heimat gesê.
Selfs na so groot terugveg poging is dit onwaarskynlik dat Villagers vir die uitklop rondtes sal kwalifiseer.
Heimat is uit die wedloop vir die uitkloprondtes. Met slegs twee wedstryde oor voor die halfeindstryd sal Villagers en De Wilgers albei hulle wedstryde met die maksimum bonuspunte moet wen en hoop dat Veritas en Patria al hulle wedstryde verloor, wat onwaarskynlik is.
Veritas, Patria, Overs en Caput behoort die spanne in die halfeindstryde te wees met die laaste twee wedstryde wat sal bepaal wie eindig waar, en wie mekaar in ide halfeindstryd kry.
Vrydagaand se bepalings lyk soos volg:
Patria vs Villagers
Caput vs Overs
Heimat vs NWU 0/19A
De Wilgers vs Veritas



