SportSport

Potch verwelkom Vrydag Springbok-vroue

Die Luiperds Rugbyunie bied dié toets aan. 

Die Springbok-vrouerugbyspan gaan Vrydagmidag (19 Augustus) weer teen die Spaanse vrouerugbyspan speel.

Hierdie keer op die NWU se Fanie du Toit sportvelde in Potchefstroom. Die Bok-vroue het Saterdag in ‘n voorwedstryd op Ellispark die Spanjaarde met 44 – 5 oorrompel. Dié oorwinning het hulle na 12de op die wêreldranglys laat opskuif.

Die Bok-vroue sal graag weer so dominerende vertoning in Potchefstroom wil lewer. Daar is 12:00 ‘n voorwedstryd tussen die SA junior uitnodigingspan en Zimbabwe se vroue-span.

Die Luiperds Rugbyunie bied dié toets aan.

Volgens Eugene Fourie, hoof uitvoerende beampte van die unie, is dit ‘n belangrike stap in die unie se verbintenis om die groei en geleenthede vir Vroue-rugby te skep.

Dit kom na die Luiperds se vrouespan onlangs in ide Eerstedivisie se eindstryd gespeel het.

Die wedstryd skop Vrydag (19 Augustus) om 15:00 by die Fanie du Toit sportgronde af. Toegang tot die wedstryd is gratis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button