SportSport

Alle fietsrypaaie lei na Volkies vir liga-wedren

Enige leerder mag deelneem, enige geskikte fiets kan gebruik word en die skool self moet verteenwoordig word.

Volkies gaan 3 September een van die XCO reeks skole fietsrywedrenne aanbied.
Die reeks bestaan uit vier wedrenne wat vanjaar deur verskillende skole in Noordwes aangebied word.
Die eerste wedren is deur Curro, Klerksdorp, aangebied.
Daar was sowat 185 deelnemers van verskillende ouderdomme by die wedren.


Volkies bied die derde byeenkoms in die reeks aan op 3 September by hulle baan in Potchefstroom.
Wat die reeks besonders maak is dat deelname onder die reëls van skolefietsry gedoen word.
Enige leerder mag deelneem, enige geskikte fiets kan gebruik word en die skool self moet verteenwoordig word.
Die mikpunt is om kinders wat van sport en fietsry hou, ‘n geleentheid te gee om onder goeie toesig en in ‘n pret-omgewing te kan deelneem, die sport te leer ken of sommer net vir die lekker te kan ry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button