
Potchefstromers het Vrydag (19 Augustus) in hulle hordes na die Fanie du Toit Sportgronde gekom, om die Springbok-vroue te ondersteun.
Dié span het die ondersteuning gebruik om Spanje se vroue-span 37 -14 te verslaan. Die Bokke het veral in die tweede helfte goed gevaar, na hulle 23 punte onbeantwoord aangeteken het. Hulle het ‘n goeie terugvegpoging geloots nadat hulle 14- 10 agter was teen halftyd. Die Bokke het albei hulle toetswedstryde teen Spanje gewen. Dit gepaard met die wenne teen Japan sal vir die vroue baie self vertroue gee wanneer hulle later vanjaar aan die Wêreldbeker toernooi deelneem.
Die Luiperds Rugby Unie in samewerking met die NWU het baie moeite gedoen om die toets aan te bied. Die skare wat uitgekom het, om Vroue-rugby te ondersteun het die harde werk van die unie beloon.
Een bystanders het opgemerk dat dié toets in Potchefstroom dalk baie mense se persepsie oor vroue-rugby verander het.



