Volkies se eerste seuns tennispan is NW-kampioene. Van links na regs is Schalk Pienaar, Christiaan Smit, Me Stephanie Nel, Cornéll Grobler en Kobus Pienaar.
Tennisglorie is hierdie jaar vir Volkies se eerste en tweede tennisspanne beskore toe hulle verlede naweek die Noordwestitels gewen het.
Dit is die sesde keer in sewe jaar wat Volkies se eerste tennisspan die trofee verower. Dit is wel die eerste keer wat die tweede seunstennisspan ook as NW-wenners gekroon word.
Volkskool se eerste tennisspan het in hulle swart uitrustings vir KHS behoorlik laat sweet met ‘n 7-1 oorwinning. Die tweede span het vir Hoërskool Wesvalia met 7-1 geklop.
Arno Nel
Attie Liebenberg (tweede span)
Louis van Wyk
“Dankie vir elkeen se toegewydheid, wilskrag, sportmangees en veggees by elke punt. My hart bars uit sy nate van trots. Ek salueer julle,” noem Volkies se tennisorganiseerder, Stephanie Nel.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.