Skaakspelers in het hulle honderde op Volkies Potch se skoolgrond toegesak tydens die Potchefstroom skoleskaak-liga op Vrydag, 9 September.
Dit was die eerste keer dat Volkies hierdie skaakliga vir beide hoërskole en laerskole aanbied.
Die hoërskole betrokke was Volkies, Potchefstroom Gimnasium, Ferdinand Postma, Potchefstroom Girls High en BA Seobi Secondary School. Laerskole betrokke was Mooirivier, Baillie Park en Mercelyn Private College.
Foto’s: Estelle Gerber
Die Dr. Kenneth Kaunda skaakproewe is ook op Saterdag, 3 September aangebied en hier het Volkskool 7 spelers in die provinsiale span.
![]()
Die spelers wat Volkies by die SA Kampioenskappe gaan verteenwoordig is as volg:
0.20 meisies
Danica Jonker
Danial Louw
Luane Niemand
Zanique Krause
0.20 Seuns
Markus Lloyd
Christiaan van der Heever
0.16 dogters
Tarra Jane Devenish







