
Vyf skopboksers van die Potchefstroomse KFA Martial Arts skopboksklub het vanaf 26 – 28 Augustus vir Suid Afrika by die WAKO Afrika Kontinentale Kampioenskappe in Johannesburg verteenwoordig.
Ten spyte van die strawe kompetisie teen 11 ander lande het die vegters van KFA onder leiding van Shihan Johan van der Schyff hulself goed van hulle taak gekwyt.
Jayden Snyman, o.57kg (Volkies) is as die Afrikakampioen in Kick-Light en Continuous (2 goue medaljes) sowel as ‘n silwermedaljewenner in kick-light o.63 kg.

Kaylinn Pretorius, o.47 kg (Mooirivier) wen goud in punte (points fighting) in haar gewigsklas. Rinus van Tonder o.74kg is die Afrikakampioen in Kick-Light
Christopher Swarts, o.74kg (NWU) het ook in hierdie Afrika kampioenskappe deelgeneem en behaal silwer in continuous. Leoneze Liebenberg van Gimmies behaal ‘n silver in o.60 kilogram continuous kategorie.
Die volgende groot byeenkoms vir hierdie KFA Martial Arts atlete is die WAKO Junior Wêreldkampioenskappe wat vanaf 30 September tot 10 Oktober gaan plaasvind. 14 van hierdie klub se lede gaan Suid-Afrika teen die beste in die wêreld kragte meet.