SportSport

Jong rooikop behaal tweede plek in Afrika Meesters tennistoernooi

Hierdie graad 7-leerder van Laerskool Mooirivier het teen van Afrika se beste spelers in die o.14 ouderdomsgroep gespeel en al was sy 8ste gekeur, het sy bo haar verwagting tot die finaal deurgedring.

Die 13-jarige Jahnie van Zyl, ‘n uitstekende jong tennisspeler van die Riaan Venter Tennisakademie, het verlede week ‘n fantastiese tweede plek by die ITF o.14 Afrika Junior Meesterstoernooi in Egipte behaal.
Hierdie graad 7-leerder van Laerskool Mooirivier het teen van Afrika se beste spelers in die o.14 ouderdomsgroep gespeel en al was sy 8ste gekeur, het sy bo haar verwagting tot die finaal deurgedring.

Jahnie van Zyl het ‘n uitstekende tweede plek tydens die ITF o.14 Afrika Junior Meesterstoernooi in Egipte behaal. Jahnie was deel van die top agt spelers in Afrika in haar ouderdomsgroep. Foto: Riaan Venter Tennisakademie/Facebook

“Dit was ‘n baie lekker toernooi. Die kos was ‘n aanpassing, maar ek het dit geniet om van hulle kultuur te leer. “Ek was half die ‘underdog’ by die toernooi, so ek het nie groot verwagtinge gehad nie. Elke wedstryd het ek alles gegee en baklei tot die einde toe,” noem Jahnie.


Volgens haar het haar spel deurgaans verbeter omdat daar heeltyd uitdagende wedstryde was.
“My goeie gesindheid op die baan en my veggees het my deur die wedstryde gebring,” verduidelik sy.

Haar doelwitte vorentoe is om vir die ITF o.14 Afrikaspan te kwalifiseer en dan in Europa te gaan toer.
“Dit sal ongelooflik wees om ‘n kans te kry om o.14 Wimbledon te kan speel,” meen sy.

Hierdie 13-jarige laat nie haar ouderdom in die pad staan nie en wil ook graag probeer om in ‘n ITF o.18 tennistoernooi haar staal te wys. Jahnie was juis die jongste speler by die o.14 toernooi, maar het beslis bewys dat sy onder die top agt in die kontinent behoort.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button