Maties was weer die NWU se angel toe hulle vir die Potchefstromers met 68-55 in die Varsity Netbal eindstryd vanaand (Maandag, 17 Oktober) in Stellenbosch geklop het.

Dit is die eerste Varsity Netbaltitel in Maties se geskiedenis en hulle het hierdie titel gewen danksy ‘n paar faktore:
- Die verdediging van Maties se Nicola Smith en Syntiche Kabuya het die NWU doelskieters min geleenthede gebied.
- Maties was klinies in die kragbeurt (powerplay) en het die NWU al vroeg in die moeilikheid in die tweede kwart gehad. Hulle het ook die wedstryd beter begin met ‘n 8-0 voorsprong. Nichole Taljaard van Maties was beslis die speler wat die momentum behou het.
- Die NWU moes gedurig probeer terugkom in die wedstryd en kon nie genoeg momentum bou nie. Elmere van der Berg en Sunel Smit kon nie genoeg geleenthede kry om die NWU op die voorvoet te kry nie.
- Die tuisskare het beslis vir Maties genoeg aansporing gegee en bewys hoekom hulle die hele toernooi onoorwonne gebly het.
Hou die Herald dop vir verdere reaksie en analise van die 2022 Varsity Netbalfinaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



