Die NWU Arende het gisteraand, 6 Maart, in die doodsnikke van hulle derde rondte Varsitybeker kragmeting met 28 -31 teen Maties verloor.
Die NWU was in die eerste helfte, 19 – 9 voor gewees. ‘n Laaste drie van die Maties, wat ondersteuners aan albei kante aan die praat gehad het, het die wedstryd vir Maties beklink.
Vernon Paulo wat heel wedstryd uitstekend vir die NWU was, is in die laaste kwart van die wedstryd met ‘n geelkaart afgestuur. Maties het op sy afwesigheid gekapitaliseer om hulle terugvegpoging te finaliseer.

Die Potchefstromers het vier drieë teenoor Maties se twee gedruk maar knaende strafskoppe en Jurie Matthee se skopskoen was die Arende se doodskoot gewees.
Dit is nie ‘n uitklop vir die NWU wat steeds eerste op die punteleer is.
“Ons het op tye briljante Rugby gespeel, maar ons dissipline het ons op die einde in die steek gelaat. Dit is sleg om so te verloor, en ons maak dit bietjie moeiliker vir onsself met die weg wedstryde wat wag. Ons moet nou opstaan en weer gaan,” het Burger van der Westhuizen, hoofafrigter van die NWU gesê.
Drieë: Vernon Paulo (2), Zinedine Robinson, Arminn Posthumus. Doelskoppe: Robinson (3).
Die NWU se volgende wedstryd is Maandag, 13 Maart, weg teen Tuks. Albei spanne gaan op alle silinders wil gaan nadat Tuks verbasend teen Ixias verloor het. Diè wedstrud skop om 19:00 af en word regstreeks op Supersport uitgesaai.



