Beide Hoër-en Laerskoolatlete het hulle staal by die afgelope Noordwes Skole Atletiekkampioenskappe vanaf 3-4 Maart by die NWU McArthurstadion gewys.
Atlete het Dr. Kenneth Kaunda, Dr. Ruth Segomotsi, Bojanala en Mgaka Modiri Molema distrikte het teen mekaar gekompeteer om te sien wie die ACNW spanne by die SA kampioenskappe sou haal.
Die Laerskole SA Kampioenskappe vind vanaf 19-21 Maart in Pietermaritzburg plaas, terwyl die hoërskoolkampioenskappe vanaf 2-5 April in Germiston plaasvind.
Foto’s: Wouter Pienaar
Van die top presterende Potchefstroom atlete oor die naweek by NW kampioenskappe die was Benyamin Kriek van Laerskool Mooirivier wat ‘n nuwe rekord in die seuns o.12 hoogspring behaal het. Hy het met ‘n sprong van 1.52 meter ‘n nuwe rekord agter sy naam. Sanmari de Jager (dogter o.12) 75 meter hekkies was ook in volle vaart met ‘n tyd van 12.30 sekondes.
Sandri van Rooyen, Gimmies se blits, het ook haar eie persoonlike beste tyd in die dogters o.17 100 meter verpletter met ‘n tyd van 11.89 sekondes. Sy sal beslis een wees om by die SA Kampioenskappe dop te hou.
Gimmies se 400 meter ster, Sihle Mahlangu was ook kookwater met ‘n rekordtyd van 48.02 sekondes in die 400 meter. Seegers du Plessis van Gimmies (seuns o.19 hoogspring) het ook ‘n hoogte van 1.99 meter bereik om sy plek by die SA’s te bevestig.
Kry die volledige uitslae hier:

















































