
Baillie Park se 1ste XV het ‘n besonderse goeie oorwinning teen Laerskool Noordvaal van Orkney behaal.
Diè wedstryd is verlede week Donderdag, 9 Maart, as deel van M.L. Fick se aandreeks gespeel.
Die spel is halfpad deur die tweede helfte gestaak nadat Baillies 45 – 0 voor was.

Volgens afrigter, Andrè Olivier, is hy bly oor die span se vertoning maar dat hulle nou vorentoe kyk na die volgende wedstryd wat teen Laerskool Rissiville gespeel gaan word.
” Dit is ‘n groot wedstryd, teen ‘n sterk span. So lank ons ouens die basiese goed reg doen sal ons gelukkig wees,” het Olivier gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.