
Skare het in groot getalle vanoggend (Dinsdag, 21 Maart) by die J.B. Marks Oval in Potchefstroom opgedaag vir die derde eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en die Wes-Indiese Eilande.
Ondersteuners was alreeds teen 08:00 by die stadion om sitplek op die gewilde graswalle te kan kry.
Foto’s: Wouter Pienaar
Daar was veral ‘n luide applous toe die voormalige Gimmie krieketster, Marco Jansen, sy eerste boulbeurt boul. Dit was die kersie op die koek toe hy ook ‘n paaltjie gekry het.
Sy spanmaat, Lungi Ngidi het ‘n fantastiese vangskoot benut om van Kyle Mayers vir 14 ontslae te raak. Die Wes-Indiese Eilande is tans 78/1 na 15 boulbeurte.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!








































