SportSport

Oud-Volkie spring na brons by o.20 SA Kampioenskappe

Reagan April, het in Maart 'n briljante bronsmedalje met 'n 7.88m sprong in die verspring-item behaal. Die toekoms lyk blink vir hierdie oud-Volkie wat onder die afrigting van Shaun Bownes, skitter.

Die oud-Volkie, Reagan April, het sy eerste medalje by ‘n SA Atletiekkampioenskappe behaal toe hy brons in verspring by die ASA Junior en Jeugkampioenskappe in Pietermaritzburg verower het.

Reagan, wat tydens sy skooljare in Abraham Kriel Kinderhuis was, was nog altyd ‘n kranige atleet wat op skool veral in hekkies en verspring uitgeblink het.

Vanjaar is Reagan (19) ‘n eerstejaarstudent op die NWU Potchefstroomkampus. Hy is in top vorm en het ook met sy derde plek by die ASA kampioenskappe ‘n nuwe persoonlike beste afstand gespring.

Sy sprong van 7.88 meter was goed genoeg om hom ‘n podiumplek te besorg. Hy het vroeër die maand ook ‘n eerste plek by die ACNW Kampioenskappe in verspring en 110 meter hekkies behaal.

Werner Burger is Reagan se verspringafrigter. Met sy afrigting kon Reagan sy verspringprestasies na verdere hoogtes en lengtes neem.

Reagan April het ‘n bronsmedalje by die ASA Junior en Jeugkampioenskappe in verspring behaal. Foto: Verskaf.

Sy hoofafrigter, Shaun Bownes, wat hom al sedert sy skooljare afrig, noem dat Reagan stelselmatig verbeter het vandat hy met die seniorgroep begin oefen het.

“Vir die eerste keer oefen hy nou hard en fokus hy op atletiek. Op skool was dit nie altyd moontlik nie omdat hy aan ander wintersport ook deelgeneem het. Hy is talent vir die toekoms. Hy is baie toegewyd en sit daardie ekstra moeite in. Partykeer wil hy te veel oefen, dis hoe honger en vasberade hy is,” noem Bownes.

Sy vorm is goed genoeg dat hy nou vanjaar aan die SA Senior Atletiekkampioenskappe in Potchefstroom vanaf 30 Maart – 1 April gaan deelneem.

“Hy is ‘n oulike seun en ek dink hy gaan nog ver kom in die hekkies en verspring. Dit is ‘n voorreg om met sulke toegewyde jong ouens te werk,” noem Bownes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button