SportSport

Plaaslike stappers ryg medaljes by ASA Junior en Jeugkampioenskappe in

Die oud-Volkie, Janise Nell, behaal goud en die huidige Volkie-leerder, Marizel Meintjies, behaal 'n skitterende derde plek.

Die oud-Volkie, Janise Nell, het weer bewys hoekom sy een van die land se top stap-atlete is toe sy ‘n eerste plek in die vroue o.20 stap-item by die ASA Junior en Jeugkampioenskappe in Pietermaritzburg vanaf 23-25 Maart behaal het.

Marizel Meintjies tydens die vroue o.20 10km stap-item. Foto: Verskaf

Nell (tans verbonde aan die NWU) maak klaar in ‘n tyd van 0:55:09.40 voor Keandra Jooste (0:55:58.64) en die huidige Volkie-leerder en atleet, Marizel Meintjies in die derde plek. Marizel behaal ‘n tyd van 0:56:53.22 en brons in ‘n hoër ouderdomsgroep. Sodoende maak ACNW skoonskip van die podiumplekke.

Hierdie Volkie kan beslis nog groot hoogtes bereik en ‘n SA goud is beslis nog vir haar beskore.

Nell is ook in die Suid-Afrikaanse span ingesluit vir die o.18 en o.20 Afrika Spele wat in Zambie in April gaan plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button