SportSport

NWU en Maties in halfeind slaags

"Ons harde werk begin werlik nou eers. Dit is 80 minute se bloed en sweet wat voorlê,"

Die NWU en Maties gaan Maandag, 10 April op die Fanie du Toit Sportgronde vir ‘n plek in die Varsitybeker eindstryd spook.

Die NWU het hulle wedstryd gisteraand, 3 April, gemaklik met 36 -3 teen Wits gewen. Dit was ‘n baie veranderde span wat teen Wits te staan gekom het, maar Burger van der Westhuizen sal bly wees dat selfs met so baie veranderinge, het die Arende nie ‘n maat gemis nie. Die strukture is sterk by die NWU.

Die eindfluitjie van die wedstryd het ook eers 23:15 geblaas, nadat swaar weer die spelers van die veld af gedwing het.

Die NWU het nou die Varsitybeker wêreld voor hulle voete. Hulle het heel bo op die punteleer geëindig en hulle diepte is getoets en behoorlik geslaag. 

Om nou teen die Maroen Masjien, die enigste span wat die teen die NWU kon wen, op tuisbodem te speel is ‘n nuwe uitdaging.

“Ons dissipline in die vorige wedstryd teen hulle (Maties) is wat hulle in die wedstryd gehou het. Ons het baie geleer uit daai wedstryd en uit elke ander wedstryd wat ons sover gespeel het. Ons weet wat ons sterk punte nou is en weet waaraan ons moet werk so dit gaan ‘n baie lekker wedstryd wees as ons by die plan kan hou,” het Sampie Swiegers, kaptein van die NWU gesê. 

Sampie Swiegers, wys wat moderne stutte alles moet kan doen. Foto: Dom Barnardt

Volgens Swiegers is dit die hele span se doelwit, om in die eindstryd te speel.

“Ons harde werk begin werlik nou eers. Dit is 80 minute se bloed en sweet wat voorlê en die manne is reg daarvoor,” het Swiegers gesê. 

 

Die wedstryd tussen NWU en Maties skop om 19:00 op die Fanie af. Dit word ook regstreeks op Supersport uitgesaai.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button