SportSport

Gimmie blits behaal eerste SA senior goue medalje

Sandri van Rooyen (17) van Gimmies het 'n SA Senior goue medalje om haar nek na sy as deel van die 4x100m aflosspan vir ACNW trots gemaak het.

Potchefstroom Gimnasium se naelloop-sensasie, Sandri van Rooyen (17) het slegs ‘n week na sy brons by die ASA Junior en Jeug atletiekkampioenskappe in die 100m verower het, nou ook Senior SA goud om haar nek.

Hierdie tiener, wat deur Werner Burger afgerig word, het in die 4x100m alfos vir vroue op Saterdag, 1 April deelgeneem en Atletiek Sentraal Noordwes (ACNW) met trots op die NWU McArthur Stadion in Potch verteenwoordig.

ACNW se 4x100m goue medalje wenners: Amiel Rothman, Rose Xeyi, Sandri van Rooyen en Tamzin Thomas. Foto: Verskaf.
Sandri van Rooyen is die ene glimlag na nog ‘n puik wedloop saam haar aflosspan.

Saam met haar spanmaats, Amiel Rothman, Rose Xeyi en Tamzin Thomas kon hulle vir die gunsteling Atletiek Gauteng Noord, in die finaal klop in ‘n tyd van 45.50. Thomas het die laaste 100m gehardloop om die wen vir ACNW te verseker.

Sandri van Rooyen in die 100m vir vroue uitdunne waar sy langs SA kampioen, Carina Horn hardloop. Foto: Wouter Pienaar.

Van Rooyen se persoonlike beste in die 100m is 11.84 sekondes wat sy ook in Potch op 30 Maart opgestel het.

In die SA Senior Atletiekkampioenskappe die afgelope naweek kon sy die finaal haal, wat alreeds ‘n groot prestasie is. Sodoende was sy deel van die agt vinnigste atlete in die land.

Sy behaal ‘n agtste plek in die finaal met ‘n tyd van 12.07. SA kampioen, Carina Horn, wen die wedloop in 11.52 sekondes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button