Drie van die Riaan Venter Tennisakademie (RVTA) se tennissterre het hulle talent bewys en by die 2023 Junior SA Tenniskampioenskappe in Bloemfontein op 11 April toe hul die SA titels in hulle onderskeie ouderdomsgroepe gewen het.
Jahnie van Zyl het die o.14 dogterstitel verower, Reuben de Klerk die o.16 seunstitel, en Juvan van Pletzen die o.12 seunstitel.
Jahnie is ‘n graad 8 leerder in Potchefstroom Gimnasium, Juvan ‘n graad 6-leerder in Laerskool Mooirivier en De Klerk is deel van die akademie en doen tuis onderrig.
Riaan Venter rig ook al drie hierdie Potchefstromers af. Al drie tennisspelers het hulle eindstryde oortuigend gewen.
- Jahnie Van Zyl klop Alicia Taylor 6-2, 6-4
- Juvan Van Pletzen klop Nathan Herbert 6-2, 6-1
- Reuben De Klerk klop John Bothma 6-1, 6-1


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!






