SportSport

Kaartjies uitverkoop vir Varsitybekerfinaal hierdie Maandag

Op Maandag, 17 April gaan daar kookwater rugby opgedis word op die Fanie du Toit Sportgronde met voorwedstryde voor die groot Varsitybekerfinaal tussen die NWU en Ikeys.

Die NWU en die Universiteit van Kaapstad se Ikeys gaan Maandag, 17 April voor ‘n volgepakte stadion vir ‘n onvergeetlike Varsitybeker eindstryd sorg.

Die NWU het vandag (Vrydag, 14 April) bevestig dat alle kaartjies uitverkoop is en dat daar geen meer kaartjies beskikbaar sal wees nie. Daar sal ook nie kaartjies voor die hekke op die dag van die wedstryd verkoop word nie.

Buiten die eindstryd tussen die NWU Arende en Ikeys wat om 19:00 afskop sal daar ook ander kookwater wedstryde wees om na uit te sien.

Die hekke open alreeds om 12:30.

Hier is die program vir die dag:

13:00 :NWU Young Guns teen Wits Young Guns
15:30: CUT teen Madibaz – Promosie/Relegasie wedstryd
18:00: Voorskou
19:00: NWU teen Ikeys (2023 Varsitybeker-finaal)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button