SportSport

Opwindende tweede rondte van koshuisliga vanaand

Weens beurtkrag is die wedstryde na later die aand toe geskuif, met die eerstespan wedstryde wat eers 21:50 afskop. 

Die NWU se Koshuisrugby liga skop vanaand,14 April, sy tweede rondte wedstryde af.

Weens beurtkrag is die wedstryde na later die aand toe geskuif, met die eerstespan wedstryde wat eers 21:50 afskop.

Die nuwelinge in die Superliga, Excelsior gaan teen Villagers te staan kom. Daar was sprake dat die twee spanne teen mekaar vir ‘n plek in die Superliga verlede jaar sou uitspeel. Na ‘n goeie oorwinning teen Overs verlede week kan Excelsior met nog ‘n oorwinning wys dat hulle verdien om saam die groot kanonne te skiet.

Die manne van Excelsior is uit om die koshuis trots te maak en om vir almal te wys wat in hulle steek so ek sien baie uit vir die wedstryd,” het Henri Van der Westhuizen, afrigter van Excelsior, gesê.

Kampioene, Caput gaan hulle momentum wat hulle verlede week teen De Wilgers begin bou het, teen Veritas wil voortsit.

Veritas was in die eerste rondte naelskraap wenners gewees. Dit gaan ‘n moeilike toets vir hulle wees.

“Dit gaan ‘n massiewe wedstryd wees. Die manne het hard geoefen die week. Ons sien uit na die wedstryd,” het De Wet du Rand, hoofafrigter van Veritas oor die wedstryd gesê.

Volgens hom gaan dit vir Veritas van kritieke belang wees vir die voorspelers om die platform vir die agterlyn se aanval te lê.

Heimat en De Wilgers wat albei verlede week net-net aan die verloor kant was gaan dinge vanaand wil regstel.

Volgens Mitch Coetzee, afrigter van De Wilgers, verwag hulle dat Heimat hulle groot pak voorspelers gaan gebruik om die bal te dra voor dit na die agterlyn toe versprei word.

“Ons glo ons is reg vir hulle,” het Coetzee gesê.

Volgens Ivan van der Sandt, hoofafrigter van Heimat, het sy span hard gewerk aan hulle afronding.

“Ons het verlede week nie goed afgerond nie. So ons het daarop gefokus. De Wilgers is ‘n ‘Wild Card’ mens weet nie wat om te verwag nie. Hulle het verlede week net-net teen Caput verloor, so ons gaan hulle nie onderskat nie,” het Van der Sandt gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button