SportSport

Harte breek vir Wessies in NWU kwarteindrondte

Die gebreek van harte kon tot in Klerksdorp gehoor word.

Die gebreek van harte kon tot in Klerksdorp gehoor word nadat Wesvalia met slegs een punt teen Heidelberg Volkskool die afgelope naweek in die kwarteind rondte van die NWU Prestigereeks verloor het.

Die wedstryd het in Pretoria plaas gevind. Dit was een skop wat die twee spanne geskei het. Die Klerksdorpers het vier drieë teenoor hulle teenstanders se drie gedruk.

Volgens Willem van der Sandt, afrigter van Wesvalia, was Volkies baie goed op die grond gewees en het baie strafskoppe gewen.

Hulle skopper het ons gestraf, maar ons het goed gespeel, op die einde net een skop vir wen gemis,” het Van der Sandt gesê.

Wesvalia het vir plekke 1-4 uitgespeel, na die verlies gaan hulle komende naweek vir plekke 5-8 uitspeel. Die Bruin bere se volgende wedstryd is teen Die Anker.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button