Opskudding in NWU Koshuisliga
Die nuwelinge in die Superliga het hulle self nou behoorlik gevestig. Excelsior het Vrydagaand, 14 April, 25 -16 teen Villagers gewen. Volgens JJ van der Walt, afrigter van Excelsior, is die strukture besig om in plek te val. “Ons moet net nog werk aan geduld en kalmte. Die beste plek om te leer is maar …

Die nuwelinge in die Superliga het hulle self nou behoorlik gevestig.
Excelsior het Vrydagaand, 14 April, 25 -16 teen Villagers gewen.
Volgens JJ van der Walt, afrigter van Excelsior, is die strukture besig om in plek te val.
“Ons moet net nog werk aan geduld en kalmte. Die beste plek om te leer is maar in wedstryde, so vir ons as afrigters sien ons elke keer iets nuut en goed asook goed waaraan ons kan verbeter. So ons vat dit na die volgende wedstryd toe,” het Van der walt gesê.
Verlede jaar se kampioene Caput lyk tot dusver goed op koers om ‘n derde agter eenvolgende titel in te palm. Dit nadat hulle nog ‘n oorwinning oor Veritas behaal het. Die Rooikatte het 24 -12 as oorwinnaars uit die stryd getree. Caput en Patria is tans onoorwonne, alhoewel Patria Vrydag ‘n losslootjie gehad het.
“Dit is nie uitslag waarvoor ons gehoop het. Maar ons is trots op die manne, hulle het ‘n goeie wedstryd gespeel, ons vat die poistiewe sowel as die negatiewe uit die wedstryd uit en gaan sterker terug kom,” het De Wet du Rand, afrigter van Veritas gesê.
Volgens Henry Stewart, afrigter van Caput, was hulle doelwit om dit wat hulle kan beheer, te beheer.
“Ons fokus was op ons eie spel en struktuur en om nie te fokus op Veritas se spel nie. Ons werk op ‘n beginsel van 50%. Dit beteken as alles gelyk is tussen twee spanne, hoe gaan ons seker maak dat ons effektief werk met die 50% balbesit wat ons gaan kry en ook hoe effektief gaan ons verdediging wees vir die ander 50%. Ons het hard en eerlik met mekaar gepraat na die slordige wedstryd teen De Wilgers en dit was nodig. Daar lê nog lang pad vorentoe vol uitdagings maar ons vat dit tree vir tree. Ek is ook baie trots op ons A-span (tweedes) wat ook groot karakter gewys het,” het Stewart na afloop van die wedstryd gesê.
De Wilgers moes weer ‘n naelskraap verlies verdra nadat Heimat hulle met 12- 10 geklop het.
“Ons het nie ons beste wedstryd gehad nie ,postiewe is dat hulle nie ons verdediging kon breek nie en ons wel hulle sin. Ons vat baie lesse uit die wedstryd vir die pad voorentoe,” het Mitch Coetzee, afrigter van De Wilgers gesê.
“De Wilgers het ‘n goeie skrum met ‘n groot pak. Ons kan niks van hulle af weg vat nie. Albei spanne was goed, ons kon net op die dag die wen deurtrek,” het Ivan van der Sandt, afrigter van Heimat gesê.



