Potchefstroom Gimnasium se wintersportspanne het hulself weer uitstekend van hul taak gekwyt tydens die NWU Prestigereeks half-eindstryde wat die afgelope naweek plaasgevind het.
Op die hokkievelde wys Gimmies weer hulle krag met beide seuns en dogtersspanne wat goeie oorwinnings behaal. Die eerste seunsspan klop Volkies gemaklik met 5-0, terwyl die dogters eerstespan vir Hugenote met 3-0 oorwin. Die o.16 seunshokkiespan klop ook vir RHS met 3-1.
Foto’s: Verskaf
Op netbalfront is Gimmies se netbalspanne behoorlik getoets met die o.16A en o.17A spanne wat albei naelskraap met ‘n enkele punt wen. Die o.16A’s klop RHS 14-13 en die o.17A’s behaal ‘n 14-13 oorwinning teen Oos-Moot.
Die eerste span was in verwoestende vorm met ‘n 37-13 oorwinning teen Die Anker van Brakpan.
Gimmies se o.14A en o.15A rugbyspanne behaal goeie oorwinnings teen Oos-Moot en Hugenote. Die eerste span val wel vas met 15-22 teen Hugenote in ‘n taai stryd.
Die eindstryde van hierdie reeks vind op die naweek van 5-6 Mei in Potchefstroom plaas.
Uitslae is soos volg:
Tennis:
Juniors wen 46-17 teen Potch Volkies
Seniors wen 39 – 24 teen RHS
Seunshokkie:
o.16 Gimmies 3-0 RHS
1ste Gimmies 5-0 Potch Volkies
Dogtershokkie:
o.14A Gimmies 1-0 Hugenote
o.14B Gimmies 3-1 RHS
o.15A Gimmies 0-2 Noordheuwel
o.15B Gimmies 0-1 Oosterlig
o.16A Gimmies 3-1 Montana
o.16B Gimmies 1-4 Noordheuwel
1ste Gimmies 3-0 Hugenote
2de Gimmies 1-0 Hugenote
Netbal:
o.14A Gimmies 22-24 Noordheuwel
o.14B Gimmies 17-19 Oos-Moot
o.15A Gimmies 16-10 Oos-Moot
o.15B Gimmies 10-22 Montana
o.16A Gimmies 14-13 RHS
o.16B Gimmies 25-11 Noordheuwel
o.17A Gimmies 14-13 Oos-Moot
o.17B Gimmies 12-16 Noordheuwel
1ste Gimmies 37-13 Die Anker
2de Gimmies 15-25 Noordheuwel
Rugby:
o.14A Gimmies 12-7 Oos-Moot
o.14B Gimmies 0-15 Die Anker
o.15A Gimmies 21-14 Hugenote
o.15B Gimmies 7-39 Die Anker
o.16A Gimmies 10-14 Oosterlig
1ste Gimmies 15-22 Hugenote
2de Gimmies 29- 13 Oos-Moot
3de Gimmies 19-21 Die Anker










