SportSport

Gimmies se skaakspelers is tops by NWU Prestigereeks

Die juniorspan wen goud en die seniorspan verower brons om die algehele eerste plek te beklee.

Potchefstroom Gimnasium se uitstekende skaakspelers is as die wenners van die NWU Prestigereeks gekroon.

Die juniorspan wen goud en die seniorspan verower brons om die algehele eerste plek te beklee.

Hierdie skaakspelers moes teen talle skole vanuit Noordwes, Gauteng en Mpumalanga deelneem om hierdie goue medalje te behaal.

Hier is die uitslae van die kwartfinaal, semifinaal en finaal.

Kwartfinaal:

Juniors wen 5-0 teen Wesvalia.

Seniors wen 3-2 teen Zwartkop.

Semifinaal:

Juniors wen 5-0 teen Hugenote.

Seniors verloor 2-3 teen Noordheuwel.

Finaal:

Juniors wen 3-2 teen Zwartkop en stap weg met goue medaljes.

Seniors wen 3-2 teen Middelburg en verwerf ‘n bronsmedalje.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button