Gimmies se 1ste XV, het Saterdag 15-22 teen Hugenote in die NWU-Prestigereeks halfeindstryd verloor.
Die telling was tot laat in die wedtryd nog 15-15 gewees, maar na ‘n geelkaart teen die Potchefstromers het die manne van Springs op diè voord gekapitaliseer.
“Ons het op tye goeie Rugby gespeel. Maar het gesukkel om af te rond. Onnodige klein foutjies het ons gekos,” het John-Ross Jackson, hoofafrigter van Gimmies, gesê.
Hugenote het laat in die wedstryd ‘n drie gaan gedruk om die oorwinning te beklink. Gimmies speel op 6 Mei in die NWU-Prestige reeks eindstryd teen Montana.
Die volledige uitslae is soos volg:
o.14A: 12-7 wen vs Oos-Moot
o.14B: 0-15 verloor vs Die-Anker
o.15A: 21-14 wen vs Hugenote
o.15B: 39-7 verloor vs Die-Anker
o.16A: 10-14 verloor vs Oosterlig
3des: 19-21 verloor vs Die-Anker
2des: 29- 13 wen vs Oos-Moot
1stes: 15-22 verloor vs Hugenote



