Wesvalia het hard gewerk om terug in die wedstryd teen Die Anker te kom maar moes uiteindelik met 30 – 24 die knie buig.
Diè halfeindstryd wedstryd het nie goed vir die Klerksdorpers begin nie. Binne die eerste vyftien minute was hulle 22 punte agter gewees. Wessies het teen die einde van die eerste helfte hulle terugveg poging geloots.
Hulle het goed gedoen om die agterstand in te haal.
Op ‘n kol was dit 24-27, Wesvalia kry ‘n strafskop voor die pale.
Volgens Willem van der Sandt, hoofafrigter van Wesvalia, sou ‘n gelykop telling maak dat die Anker vir ‘n hoër plek in die finale speel.
“Ons moes gaan vir die wen, maar kon uiteindelik nie gaan druk het nie. Ons het aan die begin slegte foute gemaak, en gesukkel om uit die blokke te kom,” het Van Der Sandt gesê.
Wesvalia se volgende wedstryd is in die NWU Prestige reeks eindstryd teen Marais Viljoen. Diè wedstryd sal op die Fanie du Toit Sportgronde op 6 Mei plaasvind.
Die ander uitslae is soos volg:




