Gimmies se 1ste XV het Saterdag (6 Mei) ‘n sterk terugvegpoging geloots maar moes uiteindelik met 21 – 17 die knie teen Montana in die NWU Prestige-reeks eindstryd buig.
Diè twee spanne het vir 11 en 12 uitgespeel.
Gimmies was teen halftyd, 14 – 3 agter gewees.
“Ons het baie beter Rugby in die tweede helfte gespeel. ‘n Paar klein foutjies wat ons op belangrike tye gemaak het, het ons die wedstryd gekos,” het John-Ross Jackson, hoofafrigter van Gimmies, gesê.
Gimmies se volgende wedstryd is ‘n vriendskaplike wedstryd, Saterdag (13 Mei) teen Florida.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



