
Die Luiperds het Saterdag naelskraap 23 -20 teen die Welwitschias in Walvisbaai gewen.
Volgens Eric Herbert, hoofafrigter van die Luiperds, het sy span ‘n beter vertoning gelewer.
“Hulle het mooi kop gehou. Dit het moeilik geraak teen die einde. Die manne het baie goed verdedig. Dan Visagie het noodsaaklike skoppe oorgesit,” het Herbert gesê.
Vernon Paulo wat na die afloop van die Varsitybeker sege vir die Luiperds uitgedraf het, het diè span se twee drieë gedruk.
Die Luiperds se volgende wedstryd is die komende naweek, weg teen die San Clemente Rhinos.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



