SportSport

Volkies troef Oosterlig in eindstryd

Volkies se 1ste XV het Saterdag vir Oosterlig met 14 - 7 in die NWU prestige reeks eindstryd gewen. 

Volkies se 1ste XV het Saterdag vir Oosterlig met 14 – 7 in die NWU prestige reeks eindstryd gewen.

Diè twee spanne het vir 15de en 16de plek uitgespeel. Die Potchefstromers het vroeër in die seisoen 41 – 5 oor die span van Boksburg geseëvier.

Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies, was Oosterlig baie beter as vroeër die jaar.

Ludwich Shulds is die vlugvoetige binnesenter van Volkies Foto: Maritha van Zyl

“Die posisies is nou uitgesorteer, ons is tevrede met waar die spelers nou is. Ek dink ons het nou ‘n draaipunt in die seisoen bereik,” het de Beer gesê.

Volkies begin hulle Noordvaal liga veldtog, komende Saterdag tuis teen Dr. Malan van Meyerton.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button