SportSport

Gimmies stoomroller oor Florida

Gimmies se 1ste XV was tydens 'n vriendskaplike wedstryd heeltemal te sterk vir Hoërskool Florida gewees. 

Gimmies se 1ste XV was tydens ‘n vriendskaplike wedstryd heeltemal te sterk vir Hoërskool Florida gewees.

Die Potchefstromers het die wedstryd 53 – 17 gewen.

Volgens John-Ross Jackson, hoofafrigter van Gimmies was dit ‘n goeie naweek vir sy span gewees.

“Ons het maar stadig begin, in die eerste helfte was Florida beslis nog in die wedstryd gewees, maar in die tweede helfte het ons net te veel skietgoed gehad en die damwal het gebars,” verduidelik Jackson.

Florida het al 17 hulle punte in die eerste helfte aangeteken maar kon die Gimmie golf in die tweede helfte nie stuit nie.

“Ons is nog nie heeltemal waar ons wil wees nie, maar die manne begin inkoop in wat ons wil doen, so ons is op ‘n goeie plek,” het Jackson gesê.

Gimmies speel komende naweek, 20 Mei, hulle eerste ligawedtryd teen Bergsig. Goeie uitslae in diè ligawedstryde sal hulle help om volgende seisoen na die SDC Noordvaal kompetisie Afdeling 1 bowl-afdeling op te skuif.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button