
Hurricanes Rugbyklub van Stilfontein het die afgelope naweek, 13 Mei, 46 – 39 met Potch Dorp klaar gespeel.
Dorp het nog net 1 wedstryd in die Vision Sports Neser A liga teen Ikageng gewen. Voor dit het hulle naelskraap teen Welkom Rovers verloor, verlede naweek het Matlosana ook die Potchefstromers geklop en nou lê Impala komende naweek voor.
Volgens Jo Smith, hoofafrigter van Potch Dorp, was daar algemene span foute wat Dorp die wedtryd gekos het.
“Ons kon nie op geleenthede punte aanteken toe ons in die regte posisies was nie. Maar ek glo nog steets die span sal terug bounce en net beter en beter raak as n span,” het Smith gesê.
Diè wedstryd teen Impala sal ‘n baie belangrike wedstryd wees vir die verdedigende kampioene om hulle spel te verbeter.



