Op Nasionale Boogskietdag, Saterdag 13 Mei het Laerskool Baillie Park ‘n baie suksesvolle interskole boogskietkompetisie aangebied. ‘n Totaal van 243 skuts het aan die kompetisie deelgeneem.

Baillies se skuts het uitstekend presteer en het die volgende medaljes ontvang:
Junior meisies: Elizma de Jager (Brons)
Junior seuns: David Knoetze (Goud), Gerhard Maritz (Silwer)
Welpie meisies: Christelle Maritz (Goud), Megan Hendrikse (Silwer), Ziané Zietsman (Brons)
Welpie seuns: Neil Roos (Goud), Jayden van Wyk (Silwer), Luhan Kruis (Brons)
Die Baillies span het ook goue medaljes ontvang as die algehele beste laerskoolspan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



