SportSport

Baillies val teen Lahoff vas

Baillies se 1ste XV het Dinsdagaand, 16 Mei, hulle eerste ligawedstryd teen Laerskool Lahoff verloor. 

Baillies se 1ste XV het Dinsdagaand, 16 Mei, hulle eerste ligawedstryd teen Laerskool Lahoff verloor.

Die eindtelling was 28 – 12, dit nadat die Potchefstromers 20 – 0 binne die eerste 14 minute agter was.

Lahoff se het ‘n punt gehad om te bewys nadat hulle die vorige week in hulle eerste liga kragmeting teen Saamtrek verloor het.

Dit het hulle gewis reg gekry in die wedstryd teen Baillies.

Volgens Andrè Olivier, afrigter van Baillies, is dit nie die einde van hule veldtog nie, die roete is nou net ‘n klein bietjie moeiliker.

“Ons gaan weer moet hard werk aan ons basiese vaardighede. Duikslae, hantering en taktiese skopwerk sal moet verbeter,” het Olivier gesê.

Daar is nog twee ligawedstryde oor vir Baillies voor die uitkloprondtes begin. Volgende week sal Baillies hulle sokkies moet optrek teen ‘n gevaarlike Saamtrek span waarna hulle teen Tokkies die poelrondtes afsluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button