SportSport

Samies veggees te veel vir Tokkies

Tokkies het Dinsdagaand, 16 Mei, in hulle eerste ligawedstryd 27 - 10 teen Laerskool Saamtrek van Klerksdorp vasgeval. 

Tokkies het Dinsdagaand, 16 Mei, in hulle eerste ligawedstryd 27 – 10 teen Laerskool Saamtrek van Klerksdorp vasgeval.

Die Potchefstromers het baie sterk begin en twee vinnige drieë gaan druk. Dit was die laaste sê wat hulle in die wedstryd gehad het.

Die manne van Klerksdorp het goed saam getrek, en kon die agterstand  weg speel. Tokkies is onder druk gesit deur harde, kompromislose verdediging en effektiewe hoë balle wat hulle op tye op die agtervoet gesit het.

Volgens Marc Campher, hoofafrigter van Saamtrek, het die  seuns van Klerksdorp goeie karakter gewys om die oorwinning deur te trek na ‘n stadige begin.

“Ons sal moet van die begin af moet aanskakel en die volle 50 minute rugby speel,” het Campher gesê.

Volgens m.J. de Kock, afrigter van Mooirivier, was dit ‘n moeilike wedtryd gewees.

“Ons seuns het alles gegee. Saamtrek was net beter op die dag gewees. Ons kan baie leer uit die verloor. Ons moet ons geleenthede beter gebruik en die sogenaamde druk op die dag te absorbeer en in energie omskakel” het De Kock by navraag gesê.

Saamtrek se liga het die week van te vore begin waar hulle vir Lahoff 17 -10 geklop het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button